Jasco Christen Uitgewers
Oor die skrywer
Wikus Maritz is die skrywersnaam van Jasper Coetzee. Jasper is ’n Ingenieur wat spesialiseer in die beginsels van toerusting-onderhoud. Hy het ’n PhD in bedryfsingenieurswese, in Betroubaarheids-gesentreerde onderhoud (“Reliability Centred Maintenance).
Omdat hy vir sy werk onder sy doopnaam skryf, het hy besluit om sy Christen-skryfwerk te differensieer deur die gebruik van ’n skuilnaam. Die naam Wikus Maritz is afgelei van sy tweede naam Lodewikus, en sy moeder se nooiensvan Maritz.
Hy het ’n absolute passie vir die evangelisasie van mense. In sy Christen skryfwerk is dié passie duidelik onderskeibaar. Dit gaan vir hom oor twee dinge: God se grootheid, en dat mense hulself onvoorwaardelik oorgee aan daardie grote God.
Om God
te ken
God is baie duidelik daaroor dat Hy van ons verwag om Hom te leer ken vanuit die Bybel, wat die “prince of preachers” Charles Haddon Spurgeon beskryf het as ’n liefdesbrief aan die mens.
Christus –
die Groot Wins
Ons as mense is só geneig om onsself aan die sentrum van alles te sien. Maar in ons aandrang hierop, mis ons die grootste voordeel van almal: Jesus Christus.
Wat beteken dit om Waarlik Christen te wees
In ons dag het die wekroep van die reformasie, ‘Redding deur geloof alleen’, so vervaag dat daar lidmate van kerke is wat onseker is oor wie en wat presies ’n Christen is.
What does being a true Christian imply
In our day the call of the reformation, ‘Salvation through faith alone’ has become so vague that some church members are confused as to what a Christian is.
Omtrent Ons
Jasco Christen Uitgewers was gestig om:
Die boeke van Wikus Maritz uit te gee.
Om ‘n vriend by te staan in die uitgee van sy skryfwerk. Hierdie doel is later laat vaar.
So, huidig is Jasco Christen Uitgewers eintlik maar net ‘n naam waaronder Wikus Maritz se boeke versprei word.
Maar, die droom bly om die uitgewers-aktiwiteit verder uit te brei na ander Christen-outeurs.
Met hierdie webtuiste wil ons ook die Christen webjoernaal Boodskap vir die dag publiseer en mettertyd die bereik daarvan uitbrei.
Donasies
Een van die slegste effekte van ons politieke bedeling is dat daar ’n kroniese gebrek aan fondse vir kinderhuise en soortgelyke sorg-organisasies is. Dit is dus ’n tweede droom van Wikus om die boeke en ander materiaal wat hy skryf en uitgee, om te sit in fondse wat na kinderhuise gekanaliseer word. As gevolg hiervan sluit hierdie fasiliteit in om skenkings te ontvang wat dan na kinderhuise gekanaliseer sal word. Jasco Christen Uitgewers se koste word verhaal vanuit boekverkope en fondse voorsien deur Wikus self. Donasies word net so deurgegee aan kinderhuise.
Kantoor Ure
Maandae tot Vrydae
8h00 - 17h00
Jasco Christen Uitgewers
Kontak
Elgar straat 15, SW5, Vanderbijlpark, Gauteng, 1911
061 932 1629
jasper.coetzee@jasper-coetzee.org