Boeke
Om God
te ken
God is baie duidelik daaroor dat Hy van ons verwag om Hom te leer ken vanuit die Bybel, wat die “prince of preachers” Charles Haddon Spurgeon beskryf het as ’n liefdesbrief aan die mens.
Christus – die Groot Wins
Ons as mense is só geneig om onsself aan die sentrum van alles te sien. Maar in ons aandrang hierop, mis ons die grootste voordeel van almal: Jesus Christus.
Wat beteken dit om Waarlik Christen te wees
In ons dag het die wekroep van die reformasie, ‘Redding deur geloof alleen’, so vervaag dat daar lidmate van kerke is wat onseker is oor wie en wat presies ’n Christen is.
What does being a true Christian imply
In our day the call of the reformation, ‘Salvation through faith alone’ has become so vague that some church members are confused as to what a Christian is.
Om God te ken
God is baie duidelik daaroor dat Hy van ons verwag om Hom te leer ken vanuit die Bybel, wat die “prince of preachers” Charles Haddon Spurgeon beskryf het as ’n liefdesbrief aan die mens.
“So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ‘n behae, spreek die HERE.” Jeremia 9:23-24 (Ou Afrikaanse Vertaling)
Op 7 Januarie 1855 het hy (Spurgeon) sy oggenddiens as volg geopen:
“It has been said by someone that ‘the proper study of mankind is man’. I will not oppose the idea, but I believe that the proper study of God’s elect is God; the proper study of a Christian is the Godhead.”
Die Christendom van ons dag het grootliks vergeet van hierdie fundamentele waarheid.
Hierdie boek het ten doel om Christene by te staan om God waarlik te leer ken soos wat Hy homself in die Skrif openbaar.
Geniet dit! Dit het my (die skrywer) matelose plesier gegee om hierdie inhoud te ontdek, te absorbeer, dit aan ander in veelvuldige seminare aan te bied, en dit hier op te skryf sodat dit ander Christene in staat kan stel om God waarlik te ken.
Christus – die Groot Wins
Ons as mense is só geneig om onsself aan die sentrum van alles te sien. Maar in ons aandrang hierop, mis ons die grootste voordeel van almal: Jesus Christus.
Kom ons verskuif ons fokus vir ’n wyle van onsself en ons eie belangrikheid na die plan wat God vir die mensheid in plek gestel het. As ons dít doen sal ons die geweldige grootheid kan begryp van God wat self aarde toe gekom het om Sy eie mensheid te kom loskoop van die verganklikheid.
Hierdie is ’n saak wat fundamenteel is tot ons lewensgeluk én ons lewens-sukses. Want niemand kan homself losmaak van die feit dat hy ’n ewige wese is, en dat sy lewens-sukses daarvan afhang of hy deel is van God se familie in die ewigheid, of nie.
Hierdie boekie het twee doelwitte. Die eerste is om diegene wat nog nie met Christus verenig is nie, te bemagtig om Hom te vind. Die tweede is om diegene wat reeds die Heer dien nóg nader aan Hom te bring, en ook sodoende nuwe insigte te laat ontwikkel oor hoe om ander mense na Hom te lei.
Wat beteken dit om Waarlik Christen te wees
In ons dag het die wekroep van die reformasie, ‘Redding deur geloof alleen’, so vervaag dat daar lidmate van kerke is wat onseker is oor wie en wat presies ’n Christen is. Voorbeelde van vrae wat met al hoe minder sekerheid deur veral die nominale lidmaat van die gemeente van ons dag beantwoord kan word, is: Wat is die voorvereistes van Christenskap?, Hoe leef ’n Christen? en Hoe verskil Christene van wêreldlinge? Die antwoorde op hierdie vrae is van kritiese belang, aangesien ons hier te doen het met die kwessie of ek op pad is na die ewige saligheid of die ewige verdoemenis.
Die doel van hierdie boekie is om jou te help om sekerheid te kry oor jou huidige geestelike toestand, en om jou te lei na redding indien nodig. Dit sal jou ook help om jou voet stewig op die Christelike lewenspad te plaas.
What does being a true Christian imply
In our day the call of the reformation, ‘Salvation through faith alone’ has become so vague that some church members are confused as to what a Christian is. ‘What are the prerequisites for being a Christian?’, ‘How does a Christian live?’ and ‘What is the difference between Christians and non-Christians?’ are examples of questions that cannot be answered satisfactorily by the nominal church member of our day. The answers to these questions are of the utmost importance as we are dealing with the question of whether you are on the way to eternal salvation or eternal condemnation.
It is the aim of this booklet to assist you in obtaining certainty about your current situation; to help you find salvation if necessary, and lastly to provide you with a firm Christian foundation.
Kantoor Ure
Maandae tot Vrydae
8h00 - 17h00
Jasco Christen Uitgewers
Kontak
Elgar straat 15, SW5, Vanderbijlpark, Gauteng, 1911
061 932 1629
jasper.coetzee@jasper-coetzee.org